Voorwaar ‘n geskiedkundige geleentheid. Om daaraan te dink gee vir my hoendervleis.
18 Predikante van die gesamentlike Ring van Tulbagh het hul vergadering by Steinthal KJSS gehad. Die feit dat gemeentes weer eienaarskap neem van ons Kerk se inrigtings is n riem onder die hart. Dit was die eerste geleentheid wat die Ring Steinthal KJSS besoek het. Dankie Ds Jan, jy is net “amazing”. Dankie Carien, jy het my saamgeneem,op die dag toe ek op 11 September begin het en ons weg is na Op Die Berg. Wat ‘n gesig om te aanskou. Dankie Ring van Tulbagh en ons personeel vir jul gasvryheid.